NATUURLIKE TEOLOGIE

NATUURLIKE TEOLOGIE verwys na die oortuiging dat die menslike rede onmiddellike toegang tot kennis van God kan hê sonder enige spesiale openbaring van God en staan as sodanig in direkte teenstelling met “openbaringsteologie”. Die geskie­denis van die teologie* openbaar reeds vroeg die invloed van filosofiese wêreld­beskouings wat die “rasionele”/rede-like gelykgestel het aan die “natuurlike”. Beroemd sedert die Middeleeue vir sy natuurlike teologie, was veral Thomas Aquinas* (1225–1274). Feitlik alle vorms van natuurlike teologie fokus op die feit dat God geken kan word deur God se skeppingswerke in die natuur en dus veral deur natuurwette en die menslike gewete. Die Kerkhervorming* en Protestantse* (gereformeerde*) teologie sedertdien het meesal natuurlike teologie ondubbelsinnig verwerp. Die standpunt dat ons God tog indirek deur die natuur as God se skepping kan leer ken, word vandag verteenwoordig deur meer genuanseerde “teologieë van die natuur”.

 

Sidebar