NEKO II

NEKO II was ’n Egiptiese* farao* van die 26ste dinastie en het van 610 tot 595 vC regeer. Toe Neko aan bewind kom, was die Assiriese Ryk* reeds vinnig besig om in duie te stort met die opkoms van die Neo-Babilo­niese Ryk*. In 609 vC het Neko ’n leër gelei om die Assi­riërs in Haran* te pro­beer help. Tydens die tog het koning Josia* van Juda*4 Neko in Me­giddo* aangeval om te probeer verhoed dat hy die Assiriërs help. Josia is egter ty­dens die mislukte aanval dood en Joahas* het vir slegs drie maan­de in Juda regeer voordat Neko hom na Egipte verban en Jojakim* as vasal-koning aange­stel het (2 Kon 23:29-35).

 

Sidebar