NEL, ELIAS PETRUS

NEL, ELIAS PETRUS (1954–2005) skryf oor die verhaalwêreld van die Khoe­k­hoen* en San* en vertel boeiend en in streektaal van destydse en he­den­daagse byge­lo­we, voorbodes, ver­­skynsels, die ma­gie­se vermoë van sekere insekte en voëls. Die Christe­like godsdiens het by hulle posgevat met plek-plek nog herinnerings aan ’n “tradisionele geloof”. Nel se boeke, wat in literêre kringe goed ontvang is, is Iets goeds uit Verneuk­pan? (1998) en Mafoiing (2001).

Sidebar