NERO, CLAUDIUS CAESAR

NERO, CLAUDIUS CAESAR (37–64 nC) was van 13 Okto­ber 54 nC tot met sy selfdood Ro­mein­se keiser*. Sy ma, Agrippina, trou met keiser Clau­dius* (49 nC), wat Nero as sy kind aan­neem (50 nC). In 53 nC trou Ne­ro met sy stiefsus­ter Oktavia. Ná die vergiftiging van Claudius (aange­stig deur Agrippi­na), word Nero op 16 keiser. Sy privaatonderwyser, die filosoof* Seneka, en die bevelvoerder van die keiserlike (Kyk by: Keiser) lyfwag, Burrus, tree in ’n groot mate as regente op, maar moes later weens Nero se agterdog met hulle lewe boet. Gewetenloos laat Nero ook sy stiefbroer, ma en vrou vermoor. Nadat ’n brand in 64 nC groot dele van Rome* verwoes het, gee Nero die Chris­tene* die skuld (volgens Takitus, Suetonius). Baie Christene sterf onder grusame foltering, moontlik ook Petrus* en Paulus* (vgl 1 Clem 5–6). Ná Nero se selfdood het die bygeloof spoedig ontstaan dat hy sal terugkeer om homself te wreek (Nero redivivus). Die skrywer van Openba­ring* neem hierdie bygeloof op (Op 13; 17; vgl Op 13:3, 12-14; 17:8, 10-13) en skil­der die komende Romeinse Ryk* en kei­serkultus as “weder­kerende Nero” (Op 13:1-18 – veral die getal 666 in Op 13:18 = simbolies “Nero”).

Vir verdere lees: MT Griffin 1984. Nero: The End of a Dynasty. Londen: Batsford.

 

Sidebar