NG KERKFAMILIE (BREËR)

G KERKFAMILIE (BREËR) sluit, naas die kerke in die NG Kerkfamilie (Enger)*, kerke in wat ontstaan het uit sending*aktiwiteite van die NG Kerk* binne sowel as ver buite die grense van Suid-Afrika. Dit behels ’n familie van twaalf kerke in elf lande met nagenoeg 2,5 miljoen belydende lidmate en 7 miljoen aanhangers in 2 700 ge­meentes (2015). In kronologiese volgorde: Suid-Afrika, Lesotho en Namibië: Nederduitse Gereformeerde Kerk, Verenigende Gere­formeerde Kerk in Suider-Afrika (waarin op­ge­neem is die NG Sendingkerk, NG Kerk in Afrika, Evangelies Gereformeerde Kerk in Afrika in Namibië en Reformed Church in Caprivi), Reformed Church in Africa en Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika soos in 1994 geherkonstitueer; Botswana: Dutch Reformed Church in Botswana; Malawi: Church of Central Africa, Pres­byterian (CCAP): Sinode van Nkhoma; Zimbabwe: Reformed Church in Zim­babwe en CCAP: Sinode van Harare; Zam­bië: Reformed Church in Zambia; Mosam­biek: Igreja Reformada em Moçambique; Nigerië: Die Kerk van Christus in die Soedan onder die Tiv (NKST); Kenia: Reformed Church of East Africa; Swazi­land: Swaziland Reformed Church. Angola: Die Igreja Evangelica Reformada de Angola wat ontstaan het as vrug van werk van Anglikaanse* en Switserse gereformeerde* sendelinge*. Ná die vredesakkoord in Angola soek die kerk toenadering tot die NG Kerke. In 2004 is ’n samewerkingsooreenkoms onder­teken.

Vir verdere lees: D Crafford 1981. Aan God die dank: Geskiedenis van die sending van die Ned Geref Kerk, Deel 1. Pretoria: NGKB. JM Cronje 1981. Aan God die dank: Geskiedenis van die sending van die Ned Geref Kerk, Deel 2. Pretoria: NGKB.

Sidebar