NOLL, MARK ALLAN

NOLL, MARK ALLAN (1946–), het Geskiedenis van die Christendom aan die Wheaton College in Illinois, VSA, doseer, en later by Nortre Dame. In 2005 is hy deur Time aangewys as een van die 25 invloed­rykste teoloë in Amerika. Sy besondere bydrae lê veral op die terrein van Ameri­kaanse en Kanadese kerkgeskiedskrywing, terwyl hy ook werk gelewer het op die gebied van die algemene kerkgeskiedenis en aandag gegee het aan die evangeliese stromings in die Angel-Saksiese wêreld. Hy gee ook besondere aandag aan die gesprek tussen Katolieke* en Protestante*. Hy is nie net uiters produktief in die skryf van boeke en tydskrifartikels nie, maar die navorsing waarop sy skryfwerk gebaseer is, is deurgaans van hoë gehalte. Een van sy belangrikste werke is A History of Christianity in the United States and Canada.

 

Sidebar