NOUWEN, HENRI

NOUWEN, HENRI (1932–1996),’n Neder­lands-gebore Katolieke* priester*2, oefen deur sy skryfwerk ’n ongekende wêreldwye invloed uit op mense van baie denominasies, ook in Suid-Afrika. Die krag van sy boeke, waarvan The wounded healer (1979), The return of the prodical son (1994) en The way of the heart (1981) van die bekendstes is, lê in die eenvoud waarmee hy woorde gee aan die menslike toestand, emosies erken en dit verwoord. Sy spiritualiteit* soek daarna om be-liggaam te wees, geïnkar­neerd en eksistensieel. Hy gebruik sy eie ervaring as sleutel om algemene waarhede vir sy lesers te ontsluit. Nouwen maak die rand van die samelewing die sentrum van sy geloofsuitlewing en doen dit in amper bevrydingsteologiese styl (Kyk by: Bevrydingsteologie). Dit word later in die praktyk gedemonstreer deur sy skuif vanaf ’n akademiese pos aan die Universi­teit van Harvard na die “armes van gees” by die L’Arche-gemeenskap vir verstandelik-gestremde persone in Toronto, Kanada. Hier, redeneer hy, sal hy betekenis vind in die dag tot dag diens aan weerlose mense, en rus vir sy siel in die gemeenskap met ander. Nouwen se persoonlikheidsamestel­ling, onder meer wat sy gay*-identiteit be­tref, maak hom inderdaad ’n gawe aan die moderne Christelike geloof.

Sidebar