NUWE APOSTOLIESE KERK

NUWE APOSTOLIESE KERK, wat in 1890 in Suid-Afrika gevestig is, se moeder­kerk het in 1832 in Engeland tot stand gekom. Hulle basiese uitgangspunt is die herinstelling van die evangelieboodskap deur “apostels”. Hulle is kerklik in Suid-Afrika in twee streke ingedeel, nl die suid­oostelike streek en die suidwestelike streek. Die suidoostelike streek het sy hoofkantoor in Bedfordview in Johannesburg en hulle het ongeveer 115 000 lidmate. Die suidwestelike streek wat sy hoofkwartier in Southfield in Kaapstad het, het ongeveer 250 000 lidmate (2015).

 

Sidebar