NUZI

NUZI is die Gurritiese hoofstad in noord­oos-Mesopotamië*. Die Gurriete was die dominante groep in die 2de millennium vC in hierdie deel van Mesopotamië. Argeo­loë het ’n groot aantal kleitablette by Nuzi gevind wat baie lig gewerp het op die vroeë wette en gebruike van die Ou Nabye Ooste en die tyd van die Bybelse* aartsvaders*. Dit sluit onder andere tekste in oor die huwelik, erfreg en aanneming. Aanneming in Nuzi was veral ’n gebruik om die verbod op grondverkope te omseil en om ’n nage­slag te verseker in die geval van kinderlose ouers.

Sidebar