OG

OG is die koning van Basan* en laaste van die Refaïete – die reuse wat die laaste strui­kelblok vir die Israeliete* was op pad na die beloofde land. Die Amoritiese* konings Sihon* en Og het geweier dat die Israeliete deur hulle grondgebied trek en het die Israeliete aangeval. Hulle is egter verslaan en die grondgebied (van die Hermon*-berg in die noorde tot by die Jabbok*, wat halfpad tussen die See van Galilea* en die Dooie See* in die Jordaan* inloop) is later aan die halwe stam van Manasse gegee (Deut 3:1-13; Jos 13:12; Num 21:33).

 

Sidebar