ONAN

ONAN was Juda*1 se tweede seun by die Kanaänitiese* vrou Bat-Sua*. Met die dood van sy broer, Er*1, wou hy nie die gebruiklike swaershuwelik met die weduwee, Tamar*1, voltrek nie, omdat hy geweet het dat die kinders wat hy sou verwek, as Er se kinders erken sou word. Vir dié weiering is hy deur God gestraf (Gen 38:1-10). Die woord onanie wat selfbevrediging, mastur­basie* of saadverspilling beteken, kan terug­gevoer word na die eienaam Onan.

 

Sidebar