ONESIMUS

ONESIMUS was Filemon* se slaaf wat deur Paulus* se toedoen in die gevangenis tot bekering* gekom het. Dit is onseker of Onesimus probeer ontvlug het, en selfs van Filemon se besittings gesteel het (Filem 18), en of Onesimus op die gebruiklike manier homself tot ’n vriend (Paulus) van sy eie­naar gewend het in ’n poging om sy lewens­omstandighede te verbeter of om straf vir ’n misstap te vermy.

 

Sidebar