ONHEILIG

ONHEILIG is die teenoorgestelde van heilig* of rein* en dui basies op dit wat nié aan God gewy is nie. In 1 Tim 1:9 word onheiliges ingesluit in ’n lang lys van veertien kategorieë van sondaars of wettelose mense vir wie die wet* van God geen betekenis het nie, en wat deur die wet as oortreders uitgewys word. In 2 Tim 3:2, weer, word onheiliges ingesluit in ’n lys van sondes waar veral selfliefde teenoor liefde* vir God voorop staan. Onheiligheid staan dus teenoor seremoniële of wettiese reinheid sowel as teenoor morele* heiligheid* en is in die kern verwyderdheid van of vyandskap teen God.

Sidebar