OPOCENSKY, MILAN

OPOCENSKY, MILAN (1932–2007), be­kende ekumeniese* lei­er, is in Praag ge­bore waar sy ma die eerste Protestantse* vrou was wat teologie* in die destydse Tsjeggoslo­wakye studeer het. Opo­zen­sky was as jongman betrokke by die Wêreld-Chris­te­n­­­studentefederasie, en van 1989 tot 2000 was hy die sekretaris-generaal van die Wêreld­bond van Gereformeerde Kerke*, die oudste gereformeerde* ekumeniese liggaam met hoofkantoor in Genève. Opocensky het die kwessie van ekonomiese geregtig­heid vierkant op die agenda van die Wê­reldbond en sy lidkerke geplaas. Terwyl die NG Kerk* vanweë sy standpunt oor apart­heid* reeds in 1982 uit die Wêreldbond geskors is, was dit in Opocensky se ampstyd dat dié kerk talle pogings aangewend het om na die Wêreldbond terug te keer. Dit het uiteindelik in 1998 gebeur toe die Algemene Sinode apartheid finaal en op ’n vir die Wêreldbond bevredigende manier afgewys het. Opocensky het gehelp om die NG Kerk se “terugkeer” moontlik te maak. Hy was ’n formidabele ekumeniese figuur wat sy werk met toewyding gedoen het.

Sidebar