OUTOPISTIE VAN DIE HEILIGE SKRIF

OUTOPISTIE VAN DIE HEILIGE SKRIF. Die gesag waarmee die Bybel* tot mense spreek, is volledig geleë in sy Goddelike oorsprong. Omdat dit die Woord van God is, het dit ’n inherente gesag. Die Heilige Skrif* het dus uit homself geloof­waardigheid as gevolg van wat dit is. Hier­die inherente gesag en geloofwaardig­heid staan bekend as die outopistie – letterlik: self-geloofwaardigheid – van die Skrif. Die gesag van die Bybel kan natuurlik nie bewys word nie. Dit bly ’n saak van geloof*. Dit beteken egter nie dat die gelowige in onsekerheid daaroor leef nie. Dieselfde Heilige Gees* wat in die eerste plek die Skrif geïnspireer het, oortuig mense ook van sy gesag as Woord van God (Joh 14:23-26; 16:13).

Sidebar