PARADYS

PARADYS. Twee plekke/ruimtes in die Bybel* dra die betekenis van ’n paradys. Eerstens skep God die hemel* en aarde* en ’n leefruimte vir die eerste mense, ge­noem die “tuin in Eden*”. Die geografiese ligging hiervan word selfs aangedui (Gen 2:8-15). Hoewel die woord “paradys” nie hier voorkom nie, word dit allerweë as sino­niem daarvoor verstaan. Tweedens verseker Jesus die een misdadiger saam met Hom aan die kruis* dat hy saam met Hom in die paradys sal wees (Luk 23:43). Die afleiding is dat die woord “paradys” na ’n volmaakte plek verwys waar God woon. As standplaas van Adam* en Eva* was dit ook volmaak omdat daar geen sonde was nie en die mense direk met God gekommunikeer het. Genesis* laat die indruk dat God in die aand daar kom wandel het (Gen 3:8). In die Nuwe-Testamentiese* konteks dui paradys ook op ’n plek waar God is, waar daar geen sonde* of die merke van die sonde (lyding, eensaamheid, haat, ens) is nie: dáár is die mens weer by God.

 

Sidebar