PASTOOR

PASTOOR (van Latyn pastor = herder) word in die Katolieke Kerk* gebruik vir die priester*2 belas met die leiding en die geestelike sorg in ’n parogie (gemeente). In Pinkster-* en charismatiese* kerke word die teologies- of Bybelskool-opgeleide persoon wat op verskillende maniere leiding in die gemeente/kerk gee, ook dikwels “pastoor” genoem. Dit geld ook sommige Afrika-inisiatief-kerke* en paddastoel-kerke waar meermale min of geen teologiese opleiding ter sprake is nie.

 

Sidebar