PATMOS

PATMOS is ’n klein, rotsagtige eiland, 24 km in omtrek, aan die Egeïese See naby die moderne Turkye, en is veral beroemd as die plek waar Johannes* sy Openbaring* sou ontvang het (Op 1:9). Later Christelike tradisies (Eusebius*) beweer Johannes is daarheen verban in die tyd van keiser* Domitianus (95, 96 nC), maar dit is onseker – in antieke bronne is Patmos nie een van die drie eilande vir bannelinge nie. Op 1:9 kan ewe goed beteken dat Johannes hom uit eie beweging op hierdie eensame plek vir sy visioen afgesonder het. Op Patmos was die imposante klooster* van Sint Johannes (gebou in 1088) wat in ’n stadium kosbare manuskripte bevat het.

 

Sidebar