PERFEKSIONISME

PERFEKSIONISME verwys na die more­le beywering vir heiligheid* in die sin van foutloosheid en volmaaktheid. So beskou, is perfeksionisme ’n uiters moeisame saak van menslike prestasie. In die lang kerk­geskiedenis is daar verskeie voorbeelde van geestelike bewegings wat die strewe na perfeksionisme op grond van menslike vermoëns sentraal gestel het. Sulke pogings, soos in die pelagianisme*, remonstransie*, sommige elemente van die piëtisme* en metodisme*, en meer onlangs in evangeli­ka­liese* (“evangelical”), charismatiese* en pentekostalistiese stromings, impliseer ’n óórbeklemtoning van die menslike aandeel in verlossing en heil*. Daar is egter ruim geleentheid vir ’n strewe na “perfeksio­nisme”, maar dan verstaan as heiligmaking* (heiliging*), ’n groei na God toe, indien dit God se reddende genade* as fondament verkondig. In tye van morele verval* is ’n herontdekking van die etiese strewe na “per­feksionisme” en die lewe van heiligheid voor die aangesig van God temas wat herwaardering verdien.

Sidebar