POLLOCK, PETER MACLEAN

POLLOCK, PETER MACLEAN (1941–) het naam gemaak as een van Suid-Afrika se vinnigste snelboulers. Hy is ook bekend as rubriekskrywer, sakeman, sportadministrateur en gewilde spreker wat getuig oor sy geloof* in Jesus* Christus*.

Pollock is in kwaZulu-Natal gebore as die seun van die minder bekende krieketspeler, Andrew Pollock. Sy broer, Graeme (Suid-Afrika se Krieketspeler van die 20ste Eeu), en seun, Shaun, is ook groot name in die krieketwêreld. Pollock was sameroeper van die keurders vir die Suid-Afrikaanse krieketspan nadat Suid-Afrika in die 1990’s ná apartheid* toegelaat is om weer internasionale krieket te speel.

In sy boek Clean Bowled vertel Pollock hoe hy op 1 Augus­tus 1982 tot bekering* gekom het. Hy het na ’n TV-program gekyk waarin die evangelis Reinhard Bonnke* opgetree het, en later die nag tot bekering gekom nadat hy genooi is om by Christen-vriende te gaan kuier. Pollock se getuienis het ’n groot impak op baie mense se lewe gehad.

Vir verdere lees: Peter Pollock 1986. Clean Bowled. So simple the Truth. North Yorks: Ian Dyer Cricket Books.

 

Sidebar