RA (of Re)

RA (of Re) was die Egiptiese* songod en skepper van die kosmos. Ra is gewoonlik in menslike gedaante voorgestel, maar met die kop van ’n valk. Die son is soms voorgestel as Ra se liggaam, of alternatiewelik as sy oog. Ra het bedags met sy boot deur die hemelruim (wat uit water sou bestaan het) gevaar en moes snags die waters van die doderyk oorsteek. Tydens sy nagtelike reis moes hy die slangmonster Apofis oorwin, wat hom pro­beer doodmaak het. Die priesters van Heliopolis (Ra se belangrikste tempel) moes rituele uit­voer om Ra te bewaar tydens sy reis deur die onderwêreld, aangesien die hele kosmos afhanklik was van sy “hergeboorte” elke oggend.

Sidebar