RAGAB

RAGAB was ’n Kanaänitiese* vrou (moontlik ’n prostituut) van die stad Jerigo* wat twee Israelitiese* verkenners wegge­steek het. In Jos 6 word sy die model van geloof* as sy in ’n kragtige geloofsbelydenis God se mag bely (dit in kontras met die Israeliete wat later sou twyfel). Ragab en haar familie word gespaar nadat sy ’n rooi tou by haar huis se venster laat uithang het. Sy word ’n voorbeeld van ’n vreemdeling wat opgeneem is in die Israe­litiese gemeenskap, en bevind haarself later as een van vier vroue in die geslagsregister van Jesus* (Matt 1).

Sidebar