RAGEL

RAGEL is ’n aartsmoeder van Israel*. Haar naam beteken “ooi”. Sy was die tweede en gunsteling-vrou van Jakob* en die ma van Josef*1 en Benjamin*. Ragel was die jonger dogter van Laban*. Sy word beskryf as mooi gebou en beeldskoon. Jakob het vir Ragel baie liefgehad en altesaam veertien jaar vir haar by Laban gewerk. Ragel het gesukkel om swanger te word. Sy sterf met die geboorte van haar tweede kind, Benjamin*. Jer 31:15 beeld Ragel uit as ma van die twee stamme van Juda* wat tydens die ballingskap* by God vir hulle redding ingetree het.

Sidebar