RAHNER, KARL

RAHNER, KARL (1904–1984) is al ge­noem: “The quiet mover of the Roman Catholic Church” en “Father of the Catholic Church in the twentieth century”; ook die mees invloedryke sistematiese teoloog in die Vatikaan II*-era. Hy doen teologiese studie in Holland (1929–1933). Sy vier duisend geskrewe werke toon aan dat hy oor alle betekenisvolle teologiese onder­werpe, oor sensitiewe ekklesiologiese* vrae en oor toewydingspraktyke geskryf het. Hy het ’n besondere ekumeniese* gesindheid gehad en in dialoog getree met ateïstiese*, Boeddhistiese*, Joodse*, Marxistiese*, Moes­liem-*, Protestantse* en wetenskaplike den­kers. In 1922 het hy aangesluit by die Jesuïete*-Orde waar hy onderrig in Ignatius*-spiritualiteit* en in neo-skolastiese filosofie* en teologie* ontvang het. Rahner se teologie is pastoraal (herderlik) van aard. Sy pastorale werk in die verwoeste Europa gedurende en na die Tweede Wêreldoorlog*, en sy verdere spontane geneentheid tot pastorale sorg vir indiwidue en vir die belange van die kerk* in “diaspora”, het hom na aan die hart gelê. Sy geskrifte was nie ’n tentoonstelling van sistematiese en ensiklopediese benadering wat eie was aan die Duitse teoloë van sy tyd nie. In 1948 het hy begin onderrig gee by die teologiese fakulteit van Innsbruck.

Vir verdere lees: K Rahner 1961. Theological Investigations (23 volumes) Londen: Cros­s­roads. DW Musser en JL Price (red) 1996. A New Handbook of Christian Theologicans. Nahsville: Abingdon Press.

Sidebar