RAIDT, EDITH HILDEGARD

RAIDT, EDITH HILDEGARD (1932–) is ’n Duitser van geboorte. In 1952 het sy by ’n klooster* aangesluit wat haar in 1954 as onderwyseres na Suid-Afrika gestuur het. Sy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en verwerf verskeie grade. Daarna word sy dosent in Afrikaans-Nederlands aan hierdie inrigting. In 1971 skuif sy na die Universiteit van die Witwatersrand waar sy in 1980 professor in Afrikaans* word. Sy het ’n voortreflike loopbaan as akademikus en kenner van die Afrikaanse taalgeskiedenis gehad. Haar Afri­kaans en sy Europese verlede wat reeds twee keer bygewerk is, is steeds een van die gesaghebbendste bronne oor die geskiedenis van Afrikaans*. In 1999 word sy die eerste prinsipaal en vise-kanselier van die nuut gestigte St Augustine College in Johannesburg – die vrug van die droom van ’n groep Katolieke* akademici, kerklui en sakemense om ’n Katolieke universiteit in Suid-Afrika te stig. Raidt lei dié instelling in sy strewe om intellektuele en etiese leierskap te bevorder vanuit die Kato­lieke intellektuele tradisie. Raidt het eredoktorsgrade van die universiteite van Potchef­stroom, Witwatersrand, Port Elizabeth en Natal ontvang.

Sidebar