RAMADAN

RAMADAN is een van die pilare van die Islam* en is die negende maand van die Islam-kalender. Dit is die maand waarin die Koran* volgens Islam aan Mohammed* geopenbaar is. Moesliems* oor die wêreld heen vas in hierdie tyd tussen sonop en sononder. Daar is drie doelstellings met die vas: dit moet hulle selfdissipline leer, afhanklik van God laat wees, en sensitief maak vir die lyding van armes en hongeriges oral op aarde. Die maand begin met die eerste sien van die nuwe maan en is 29 tot 30 dae lank. Die Islam-kalender word bepaal deur die sien van die Hilal – nuwe maan – op die 29ste of die 30ste van die maand. As die maan dus nie op die 29ste of 30ste dag sigbaar is nie, begin die nuwe maand in elk geval op die 30ste. (Kyk ook by: Islam.)

 

Sidebar