REBEKKA

REBEKKA is ’n aartsmoeder van Israel*. Sy was die vrou van Isak* en die ma van Esau* en Jakob*. Abraham* stuur sy hoof­slaaf, Eliëser (Kyk by: Eleasar*1), om vir Isak ’n vrou te gaan haal in Mesopotamië*. Rebekka gee vir die slaaf en sy kamele water by die put en stem in om saam te gaan. Die verhaal oortuig dat God beplan het om Rebekka Isak se vrou te maak. Sy word uitgebeeld as intelligent en gesagvol. Sy was onvrugbaar vir die eerste 20 jaar van haar huwelik, totdat God aan haar die tweeling besorg het. Sy moedig Jakob aan om Isak te bedrieg sodat hy die seën van die eersgeborene kan ontvang.   

Sidebar