REËLS

REËLS is algemene voorskrifte vir besluitneming en gedrag. ’n Reël word as ’n morele reël geag wanneer dit voorskrifte neerlê vir besluitneming oor reg en verkeerd, goed en sleg, of dit wat respek ver­dien of nie (Kyk ook by: Morele besluitneming). Die probleem van botsende morele reëls word meesal in ’n morele stelsel hanteer deur algemene reëls vir die bepaling van prioriteite te formuleer. ’n Voorbeeld van lg is die prima facie-reël wat stel dat ’n morele reël normaalweg (op sigwaarde) gevolg word, tensy daar sterk aanduidings tot die teendeel is om dit nie te volg nie. In sulke gevalle be­nodig die afwyking van die reël ’n sterk motivering.

Vir verdere lees: NA Davis 1991. “Con­tem­porary Deontology” en J Dancy 1991. “An Ethic of prima facie Duties” in: Peter Singer (red), A Companion to Ethics. Oxford: Black­well Publishers.

 

Sidebar