REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA)

REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA) het as gevolg van die sending*­bedrywighede van die NG Kerk* ontstaan. Die NG Kerk het in 1946 hulle eerste amptelike poging aangewend om die Indiërs in Suid-Afrika te evangeliseer. Voor daardie jaar is sulke sendingwerk sporadies deur lidmate van die NG Kerk aangepak. Die RCA is die jongste en kleinste kerkgroep binne die familie van N G Kerke met ’n paar duisend lidmate. (Kyk ook: NG Kerkfamilie.)

Die RCA het lidmate van alle rasse, maar hulle werk fokus hoofsaaklik op die Indiër­bevolking, wat bestaan uit 62% Hindoes*, 28% Moesliems* en 10% Christene*. Daar is twaalf gemeentes* (2015) en twee sending*aksies. Die RCA onderskryf die drie historiese gereformeerde* geloofsbelydenisse*. By die si­node* van 1990 is die Laudium-verklaring* aanvaar om die RCA se evangelise* inslag in die Suid-Afrikaanse konteks uit te stippel.

 

Sidebar