REHABEAM

REHABEAM beteken moontlik “mag die mense uitbrei”. Hy was die seun en opvolger van Salomo*. Hy was die laaste koning van die Verenigde Israel*3, en het die eerste koning van Juda*4 geword ná die verdeling van die ou koninkryk (929–911 vC). Die koninkryk het in twee dele geskeur nadat Rehabeam nie die raad van die ou mans gevolg het nie, maar eerder van die jongmans. Sy ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou (1 Kon 12:1-24; 14:21-31; 2 Kron 10–12). Rehabeam was 41 jaar oud toe hy koning geword het en sy heerskappy het sewentien jaar geduur (1 Kon 14:21).

 

Sidebar