REKAB

REKAB is die naam van twee persone in die Ou Testament*.

  1. ‑Die seun van Rimmon wat vir Is-Boset*, die kreupel seun van Jonatan*, vermoor het. Dawid* stel hom tereg na aanleiding van die moord (2 Sam 4:1-12).
  2. ‑Die pa van Jonadab* wie se nasate deelgeneem het aan Jehu* se opstand teen Agab* en die teregstelling van Baäl*-profete. Hulle was bekend as ’n konserwatiewe groep wat geen sterk drank gedrink het nie, nie in huise wou woon nie en geen deelname aan landbou toegelaat het nie (2 Kon 10:15-17; Jer 35).

 

Sidebar