REKLAME

REKLAME. Moderne reklame het sy oorsprong in die 19de eeu. Nuwe produkte word voortdurend vervaardig en moet be­kendgestel en nuwe markte daarvoor geskep word. Die wêreld kan egter so maklik deur verleidelike reklame oortuig word dat die goeie lewe – en geluk – deur ’n verbruikersmentaliteit bepaal word. Advertensies kan die verkeerde soort behoeftes sowel as materialisme* en hebsug op ’n aantreklike manier by die mens aanwakker. Reklame kán uiteraard die lewe van die mens verryk, en doen dit deur die aandag pertinent te vestig op belangrike en nuttige nuwe produkte, maar die gelowige moet ook inge­stel wees op die gevare daaraan verbonde en die uitbuiting daardeur.

 

Sidebar