RELIGIOUS SOCIETY OF FRIENDS (KWAKERS)

RELIGIOUS SOCIETY OF FRIENDS (KWAKERS) kom grootliks uit ’n radikale vleuel van Engelse puritanisme voort (Kyk by: Puriteine). Dit het – alhoewel nie in baie groot getalle nie – redelik wyd versprei in die wêreld, veral in Amerika, Ierland en Wes-Indië. Hulle stigter en eerste prediker was George Fox*. Hy het ’n godsdienstige krisis beleef en tot die gevolgtrekking gekom dat ’n mens nie op kerklike seremonies moet staat maak om Christus* te leer ken nie, maar op innerlike lig. Veral tydens die bewind van Oliver Cromwell* is hulle baie vervolg. Toe Fox daarmee gekonfronteer is, het hy gesê dat hy nie voor mense sal bewe nie (“quake”), maar alleen voor God. Daarna sou die beweging bekend staan as Quakers of Kwakers. Hulle het ’n pasifistiese lewens­houding (Kyk by: Pasifisme) en hulle byeenkomste word veral gekenmerk deur meditasie* en stilte. Hulle hoofkantoor in Suid-Afrika is in Roggebaai in Kaapstad.

 

Sidebar