REUKOFFER (WIEROOKOFFER)

REUKOFFER (WIEROOKOFFER) was ’n wierookmengsel wat as offer* ge­bring is (Eks 30:34-38), elke oggend en aand (30:7-8). Sagaria* was besig om ’n wierook­offer te bring toe die engel* van die Here* aan hom by die wierookaltaar verskyn het (Luk 1:10-11). Op die groot Versoendag* moes die hoëpriester* ’n wierookoffer in ’n vuurpan voor die verbondsark (Kyk by: Ark2) neersit (Lev 16:13). Die rook moes beskerming verleen teen die heilige teenwoordigheid van God. In Op 5:8 en 8:3-4 word die wierookoffers gesien as simbolies van die gebede* van gelowiges*.

Sidebar