RéVEIL

RéVEIL is die gemeenskaplike benaming vir ’n aantal geestelike opwekkingsbewegings wat in die eerste helfte van die 19de eeu in verskillende Europese lande voorgekom het. Die gemeenskaplike kenmerke van die Réveil was ’n afkeer van die rasionalisme van die Verligting*, ’n diepgevoelde persoonlike ervaring van gemeenskap met God, en van daaruit ’n sterk beywering vir die uitbreiding van God se koninkryk* in die samelewing en die wêreld. Die vroomheid van die Réveil het dus gelei tot ’n aktiewe beywering vir sending* en evangelisasie* en vir Christelike sosiale diens.

Die Réveil het ongeveer in 1810 in Switserland ontstaan toe ’n vriendekring van teologiese student in Genéve hulle toegelê het op Bybel*studie en ’n vroom lewe. Die geestelike wortels daarvan was in die Duitse Piëtisme*, veral in die vroomheid van die Morawiese* broederskap wat in 1741 deur Graaf Von Zizendorf* gestig is. In Suid-Afrika het die Réveil ’n groot rol gespeel in die geestelike vorming van mense soos Andrew Murray* jr, sy broer, John Murray*, en Nicolaas Hofmeyr*.

 

 

Sidebar