RHEMA-KERK

RHEMA-KERK vorm deel van die vinnig groeiende charismatiese of vernuwingstradisie onder die sambreel van die Inter­na­tional Fellowship of Christian Churches* (IFCC) in Suid-Afrika, en dit het sy ontstaan in 1979 gehad. Die Rhema-kerk is veral be­kend vanweë die rol wat sy stigter, past Ray McCauley*, in die loop van die afgelope paar dekades in verskillende kontekste gespeel het. Hulle hoofkantoor is in Rand­burg ten noorde van Johannesburg geleë. Hulle beskik oor ’n kwartaallikse nuusbrief getiteld Rhema News en het sowat 40 000 lidmate in die noorde van Suid-Afrika (2015). Hulle bediening fokus onder andere op indrukwekkende saamtrekke, teologiese oplei­ding, televisie-uitsendings, Bybelskole, Chris­­telike primêre en sekondêre skole, oplei­dingsinstellings vir geletterdheid, boekwinkels, kinderhuise en maatskaplike projekte en opheffing.

Sidebar