RIDLEY, NICHOLAS

RIDLEY, NICHOLAS (circa 1503–1555) kom uit ’n vooraanstaande familie van Tynedale, Engeland. Hy het aan die Uni­versiteit van Cambridge studeer waar hy sy MA in 1525 behaal het. Hy is toe as pries­ter*2 georden. Daarna is hy na die Sor­bonne in Parys vir verdere studie. Hy is in 1529 terug na Cambridge waar hy as senior prokurator aangestel is.

In daardie tyd was daar ernstige debat oor die oppergesag van die pous*. Ridley se standpunt was dat die pous nie méér gesag in Engeland het as enige ander buitelandse biskop* nie. In 1540 het Ridley een van die koning se kapelane geword en nege jaar later is hy as biskop* van Rochester aan­gewys. In dié hoedanigheid het hy bepaal dat al die altare (Kyk by: Altaar in kerke) in sy gebied uit kerke verwyder moet word. Dit moes met tafels vervang word waarop die nagmaal* gevier kon word. Die volgende jaar het hy biskop van Londen geword.

Uiteindelik is hy aan kettery* skuldig be­vind en veroordeel. Dit word vertel dat hy stadig op die brandstapel gebrand en baie gely het. ’n Kruis in een van die keie in Broadstraat in Oxford wys vandag die plek aan waar Ridley vir sy geloofsoortuigings gesterf het.

Sidebar