RODÉ

RODÉ beteken “roosstruik”. Sy was Ma­ria*2, die ma van Johannes Markus*, se diensmeisie. Toe Petrus* uit die tronk bevry is, het hy na Maria se huis gegaan. Rodé was so opgewonde omdat hulle gebede verhoor is, dat sy skoon vergeet het om die deur vir Petrus oop te maak. Sy het binnetoe gehardloop om sy koms aan te kondig. Die gelowiges* het haar egter nie geglo nie (Hand 12:13-15).

Sidebar