ROEPING

ROEPING is ’n sleutelwoord van die Christelike geloof*. Dit sien in die eerste plek op die werk van die Heilige Gees* om mense deur die verkondiging van die Woord* te roep tot geloof* in Christus* en bekering* (Rom 8:30). Dit is die besondere roeping in onderskeiding van die algemene roeping waarmee God alle mense gelyk deur die uiterlike verkondiging van die Woord na Hom toe nooi. Verder sien dit op die roeping tot een van die besondere ampte* in die kerk* (Heb 5:4). Hierdie roe­ping geskied in opdrag van Christus deur die gemeente* en is die “uitwendige” bevestiging van die “inwendige” of innerlike roe­ping wat ’n persoon in sy hart ervaar. In die wydste sin van die woord behoort elke gelowige sy/haar hele lewe as ’n roeping van God te sien. Daar is wel ’n verskil tussen amp en beroep, maar in beide is roeping deurslaggewend.

Sidebar