ROOISEE

ROOISEE verwys na die gebied wat vir 2 175 km strek vanaf die Sinai-skiereiland tot die Bab el-Mandeb-seestraat en wat die noordoostelike kus van Afrika* van die Ara­biese skiereiland skei. Hierdie see is tot 1 800 m diep en vorm deel van ’n geologiese breuk wat strek van die Jordaanvallei af tot by die mere in Oos-Afrika. Hoewel die begrip nie in die Hebreeuse* Ou Testament* voorkom nie, word die Hebreeuse term “Rietsee” wel in die Septuaginta* met “Rooisee” vertaal. In hierdie verband verwys dit egter na ’n watermassa ten ooste van die Nyldelta waardeur die Israeliete getrek het (Eks 15:4).

Sidebar