RUBEN

RUBEN was die oudste seun van Jakob* en Lea*. Hy is gebore toe God gesien het dat Jakob nie vir Lea liefhet nie. Lea noem hom Ruben, want “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê” (Gen 29:32). Ruben het vir Josef* gered toe sy ander broers hom wou doodmaak (Gen 37:21). Ruben is ook die stamvader van die stam met dieselfde naam.

 

Sidebar