RYNSE SENDING

RYNSE SENDING. Die Rheinische Missions Gesellschaft het in 1828 ontstaan uit die samesmelting van ’n aantal Duise sendingverenigings. Barmen het die sentrum van die Rynse Sending geword, waar ook sendelinge* opgelei is. In hulle sendingbenadering is hulle verbind aan die reformatoriese* belydenisskrifte*, maar is origens interkerklik. In 1829 het die Rynse Sending in die destydse Duits-Wes-Afrika (vandag Namibië) onder die Namas* en Herero’s* begin werk. In 1836 is met sendingwerk in die destydse Nederlands-Indië begin. Mettertyd is onder meer in Borneo, Nias, Mentawei-eilande, Enggano en Suid-China sendingwerk gedoen. Die Rynse sendelinge het baie vrug op hulle werk ervaar, maar ook teenspoed en tragedies toe sendelinge bv in 1859 in Borneo vermoor is.

Verwante Duitse sendingaksies: Herrnhutters*; Morawiese Broedergemeente*. Kyk ook: Schmidt, Georg.

 

Sidebar