SAFAN

SAFAN is die naam van twee persone in die Ou Testament*.

  1. Hy was ’n “sekretaris” in die hofhouding van Koning Josia* (± 639–609 vC) en is veral bekend vir sy aandeel in die ontdekking van ’n boekrol in die tempel* (2 Kon 22:3-20 en 2 Kron 34:8-20). Sy seuns en kleinseuns het Jeremia* ondersteun (Jer 26:24; 29:3 en 36:10-12), maar of hy die oupa van Gedalja* (Jer 39:14) was, is onseker.
  2. Die pa van Jaäsanja wat aan afgode geoffer het (Eseg 8:11).

 

Sidebar