SAFFIRA

SAFFIRA (Aramees* vir “mooi, goed”). Saffira gee aan haar man, Ananias*, toestemming om grond te verkoop. Haar toestemming was nodig, omdat ’n man se totale eiendom die onderpand was vir die bedrag wat volgens huwelikswet by sy dood* of ná ’n egskeiding* aan die vrou* uitgekeer moes word. Om hulle geloofsgenote te beïndruk, spreek die egpaar af dat hulle sou sê dat hulle die hele verkoopsom skenk, terwyl dit net ’n gedeelte daarvan was. Aangesien hulle eintlik vir God gelieg het, het hulle onmiddellik gesterwe. Dié gebeurtenis het groot ontsag vir God meegebring (Hand 5:1-11).

Vir verdere lees: Richard Bauckham 2002. Gospel Women: Studies of the Named Women in the Gospels. Grand Rapids: Eerdmans.

 

Sidebar