SAFON

SAFON is die mees noordelike stad in die stamgebied van Gad* (Jos 13:27). Daar is onsekerheid presies waar dit geleë was, waarskynlik net suid van die See van Galilea*, oos van die Jordaan*. Daar is ook onsekerheid of dit dieselfde Safon is waarheen Jefta* en sy manskappe op pad was toe hulle die vlugtelinge van Efraim* uitgeken het aan hulle verkeerde uitspraak van die woord “sjibbolet” en hulle toe in die Jordaandrif doodgemaak het (Rig 12:1-6).

 

Sidebar