SAGARIA

SAGARIA is die naam van twee prominente mense in die Bybel.

  1. ’n Profeet* in die Ou Testament wie se profesieë in ’n gelyknamige Bybelboek opgeteken is (Kyk by: Sagaria: Bybelboek).
  2. Die pa van Johannes die Doper*, en ’n priester* uit die diensgroep van Abia; getroud met Elisabet*, ook uit die priestergeslag van Aäron* (Luk 1:5-25, 57-79). Die egpaar was kinderloos en reeds oud. Tydens Sagaria se diensbeurt in die tempel*, sê die engel Gabriël* dat hulle ’n seun sal hê, wat van geboorte vervul sal wees met die Heilige Gees*. Sagaria twyfel, waarop hy met stomheid geslaan word. By die seuntjie se besnydenis* skryf Sagaria dat die kind Johannes* moet heet (volgens die engel se opdrag), waarna Sagaria weer kon praat. Hierna hef hy ’n lofsang* aan, bekend as die benedictus (“geseënd”), Lied 319 in Liedboek van die kerk.

 

Sidebar