SAGGEUS

SAGGEUS was die hoofbelastinggaarder van Jerigo* (Luk 19:1-10). Hy was ryk, maar weens sy wanpraktye gehaat en beskou as ’n dief. Op Jesus* se reis deur Jerigo ontmoet Hy Saggeus op ’n unieke manier. Saggeus se lewe verander en hy bewys dit wanneer hy belowe om die helfte van sy goed vir die armes te gee (volgens Joodse* gebruik was ’n vyfde genoeg), en om die mense wat hy besteel het, vierdubbel te vergoed (baie meer as Num 5:6-7 se voorskrif).

 

Sidebar