SAGMOEDIGHEID

SAGMOEDIGHEID is sinoniem met nederigheid* en dié twee begrippe word soms saam met mekaar gebruik. Dit beskryf die gesindheid van iemand wat nie maklik uitgetart word nie. Dit is ’n houding van gebalanseerde verdraagsaamheid* wat nie onmiddellik gereed is vir weerwraak nie, en nie uitbars in onbeheerste woede nie, ’n geaardheid wat in stilte en lydsaamheid eers vra na die wil* van God, om dit dan ook te doen. Dit is ’n wesenlike karaktertrek van die “armes van gees” (1933/1953-Afrikaanse Vertaling van Matt 5:3), en daarom sal diegene wat hierdie gesindheid openbaar, ook uiteindelik die aarde beërwe (Matt 5:5). Hieraan sou ook die verwagte Messias* herken word (Sag 9:9). Dit was ook die voorbeeld wat Jesus* gestel (Matt 11:29) en waartoe Hy sy dissipels* opgeroep het. Dit is ook vrug van die Gees* by die gelowige* (Gal 5:23).

 

Sidebar