SALMANESER

SALMANESER is die naam van verskeie Assiriese konings. Die volgende twee is die bekendstes:

  1. Salmaneser III regeer vanaf 858–824 vC oor Assirië. In sy annale word verwys na koning Agab* (lees 1 Kon 16:29; 20:20; 22:20-21). Op die sg Swart Obelisk (Britse Museum) word Jehu* uitgebeeld in sy neergeboë houding voor dié koning.
  2. Salmaneser V (726–722 vC) het Samaria* beleër en in 722 vC ingeneem. Die Babiloniese Kronieke beskryf dit as die belangrikste gebeurtenis tydens sy regering. Hy maak koning Hosea*2 van Israel* skatpligtig. Laasgenoemde beplan ’n sameswering, maar word betrap en opgesluit (2 Kon 17:1-4; 18:1-12). Die bevolking word in ballingskap weggevoer. In hulle plek word vreemde volke gevestig. Israel* struikel oor laasgenoemde se afgodery.

Vir verdere lees: DN Freedman (hoofred) 1992. Anchor Bible Dictionary. New York: Doubleday. JD Douglas 1998. Illustrated Bible Dictionary. Leicester: IVP.

 

Sidebar