SARGON II

SARGON II het omstreeks 713 vC sy leërhoof gestuur om Asdod* in te neem (Jes 20:1a). Jes 18 handel moontlik oor pogings van Etiopië om Juda*4 by ’n koalisie teen Sargon te betrek. Jesaja* moes die ellendes wat hierdie gebeure in Kus* en Egipte* sou meebring, metafories* vir Juda in die openbaar uitbeeld (20:2-6).

Blykbaar is Sargon verantwoordelik vir die wegvoering van Israel*4 in ballingskap*1 ná die val van Samaria*. Laasgenoemde het die einde van Israel beteken. Die wegvoering het blykbaar aan die einde van Salmaneser*2 V se regering begin en is in die eerste regeringsjare van Sargon voltooi. Hy was van 721–705 vC koning van Assirië*.

Vir verdere lees: JD Douglas 1998. Illustrated Bible Dictionary. Leicester: IVP.

 

Sidebar